  JY HET MY GEMAAK
Strepe en spirale met kleure wat klad uit buisies op palet,
die troffel blerts olieverfkolle, die kwas trek vore
in die onderlaag op die doek soos ek soek
na die perfekte chaos van lyn, kleur en grein.
Maar onder die verf beur die tekstuur
van hare, twee ore, o, n neus se boog,
die gryns om n mond, n kaak se klem
en loer ek na die spot
van nog n selfingenome portret, nog n ingenome selfportret.
S ploeter ek, knoei ek, soek ek
na my natuurtoneel.
