  PIGMENT
(n Skets vir Mudimbe)
n Oog is nie n oog nie en n tand is nie tand nie,
want dis die tekenaar se lyne uit die punt van die pen wat die kontoere kan trek, die grense van ore, o,
wangbeen, mond en ken kan merk.
n Neus is mos gegiet
en n vel het tog n kleur. Maar in ink: swart,
op papier: wit,
is dit net die vorm wat kan beur
aan die lyne van die lywe, die spore van die lip.
Tog, teen die bleek papier die ink se roetgriffier,
is dit die hand se kleur, nie bloed of hart of brein,
wat bepaal waar loop die lyn, waar pen, potlood, veer of kool die ander lyne
anders dool.
