  MEESTER
n Model met skrefieson omraam  gefiltreer deur luik en oliedoek  n kersvlam verlig die skaduhoek.
Dan vloei die lyne
wanneer die skilder sy kleure meng met witlood en met bitumen:
n skadu om die mond, die glim in n oog,
die kurwe van n elmboog.
Hierdie pole van lig en donker wat sterk, subtiel die doek oorspan,
sal onder skrynende ligte in n staatsgalery verslaan.
