  LEERLING
As die beelde in kleure val  n prisma in die oog se bal deur lens verwerk, deur brein en milt, lewer en gal 
word die prent verteer,
vermeng en onbehendig deur senuwee na hand en kwas aangegee.
