  STRIK
Ek weet, ek weet  ek rammel.
Kwalik bring hierdie  indrukke
nuwe insig.
Oorweeg my versoek om nietemin
met die skaal te wag 
geweeg, geweeg, hand teen die muur, stad in die vuur.
Hoe het hierdie
woorde in my mond beland?
Laat my darem toe om sake verder te omskryf  te belig, of te verduister. Miskien sou die kraai
vir n oomblik wou luister. Of nie?
Maar wees verdraagsaam, beperkings is ter sprake:
Woorde is nie voelers nie  hulle sleep agterna
en dit wat uit die hart kom, moet noodwendig deur die nek.
