TRIOMF
Romeinse Forum
Die lateilyn van jou skouers dra jou lyf,
n skoonheid van verheerliking!
Deur die ingange van Titus en Konstantyn gaan mense gedagteloos
in en uit,
is dit slegs funksionele vooraansigte vir terugkerendes en vertrekkendes. Een drumpel is soos n ander, maar in jou verenig boog en latei in panele van krag
en jou gesig getuig van die relif van my togte na jou toe.
Jy staan in die wind en eeue.
Die saamgestelde orde van jou bene, die voetstukke van jou enkels
is gedraai na die pad van my o.
Triomfbo val,
die soliede klip vermurf
onder die vlae winde van seisoene maar deur die Korintiese suile van jou bors klop my inskripsie die eeue in.
