Sodom het twee,
Gomorra net een.
Ha!
Nie n enkele skoot het al n loop hier ontsnap nie.
Kyk noord, in die rigting van Sodom se plein. Hier trek ossewaens
vir Nagmaal saam,
hier gaap amptenare uit die Moot hul staatsdiensgape op die bus,
hang braaivleisrook oor die klaterstene van klinkertoskaanse voorstede,
hier dra selfs dwelmhandelaars n square cut.
Of vat die snelweg suid  wat kan ons oor Gomorra s? Hier word goud,
kokane en groente
op die plein verkwansel,
hier dans ravers in wankelrige fabrieke en op troostelose mynhope,
word kettings gespan
as makelaars uit n oorvol beurs die straat in spoel.
In Sodom en Gomorra
is nou derduisende forte  teen rantjies en riwwe, oor koppies en in dale word die skanse al hor,
word die skuilplek al skraler.
