  PLEIN
Twee stede in die Noorde sonder wette, sonder orde te lekker vir woorde Sodom en Gomorra
 Valiant Swart
Waspoor, treinspoor, teerpad, snelweg  are wat twee pleine aan mekaar vasknoop. Waar klop die hart, waar gis die brein,
in die blaaie van Gazette, of diep in n myn?
Hier ploeter ons grawe ons
ry ons rond. Hier koop ons droom ons wens ons slaap ons dans ons
val ons disnis rond.
Nodeloos om nou te noem:
Hier smeek en pleit ons
soms.
Meestal bou ons skanse. Bokant hierdie twee stede is daar forte wat lank reeds teen koppies waak.
