  PLEIDOOI
Dus is jy nou hier, Kaptein,
met vlamme in jou hande en n kraai op jou skouer wat woorde
in my mond wil l.
Ek druk my lippe, ore en o toe,
my hande is klappe, kleppe teen jou klag.
Sal dit help om te pleit, te soebat,
te smeek?
Sal ek jou kan boei met hierdie pleitskrif wat ek knoop,
brei,
met onbehendige drif knoei?
Hoe protesteer ek
as my lippe so lomp is,
ek my tong met my saamsleep? Wat kan ek nog kwytraak
in hierdie kwynende taal, watter woorde kan ek saamflans voor jou oordeel ons kom haal?
Nietemin,
hier is my derms,
my hart op die mou  ek rangskik onbeholpe aan dit wat ek onthou.
