NA DIE PLEK VAN KLANK
Come away, O human child!
To the waters and the wild
With a faery, hand in hand,
For the worlds more full of weeping than you can understand.
W.B. Yeats
kom saam na die klank van water en wind
van ren wat hamer op die dakke
die jaag van druppels teen die geute af
onder die geklap van duiwe uit wat oor die dakke vlug
langs die trek van strykstokke oor die bors van instrumente af
verby die swaels wat wik op drade om die herfs te weeg
tot waar ons drome voete kry
wat oor parades van die onmoontlike kan dreun
na n oop land sonder trane
die plek van klank wat anderkant die waarheid is
waar digters verse uit ons bene kerf
skilders met ons bloed n stad rooi verf
en die skepe vir altyd voor anker l
teen n strand wat in die daeraad aanhou brand
met vier engele op die hoeke
om alle pyn te keer
Hoor ons die geweld
van rebellies aan die ander kant
is vergoed versmoor in klank
sit ons op die oop kant van n krans
en verstaan die stiltes beter as die trane
vleg ek vir jou 
vriendin
teen hartseer n lourier
uit n boom wat geel hang van vlinders
For he comes, the human child!
To the waters and the wild
With a faery, hand in hand,
From a world more full of weeping than he can understand
SPRONGE
En hulle het na Lot geroep en vir hom ges: Waar is die manne wat vannag na jou toe gekom het? Bring hulle na ons toe uit, dat ons hulle kan beken. Daarop gaan Lot na hulle toe uit voor die deur en sluit die deur agter hom toe en s: My broers, moet tog nie kwaad doen nie. Kyk tog, ek het twee dogters wat geen man nog beken het nie; laat ek di na julle uitbring, en maak met hulle soos dit goed is in julle o.
 Genesis :
Black William gave us some details of the insurrection of the Boers in this quarter in ; and showed the cave where Frederick Bezuidenhout fired on the party sent to arrest him. Found the remains of a vineyard planted by Gerrit Bezuidenhout, another of the rebel Boers. Curious paintings by the Bushmen, on the front of the jutting crag in the vicinity.
 Inskrywing in Thomas Pringle se dagboek, Dinsdag  Julie . 
