EENDAG
Vir my bekankerde maat
Om te verander, om jouself te leer ken, begin by n effense shift in jou gedagtes. In plaas van frustrasie, dink jy freedom. In plaas van resentment, kies jy dankbaarheid. In plaas van dood as heartbreak, dink jy celebration.
Jackie Nagtegaal
Hier is dood die enigste feit
en lewe
swewende onsekerheid.
Maar eendag
sal dood n herinnering wees
en lewe
sewevoudige sekerheid.
TIENIE: hierdie is n gedig sonder titel.
Noudat ek sien alles l in die bloed van paintings,
in die sekels van hande, in die klop van klank:
lees ek die lig
sonder my bril
