UIT DIE HOVELD
En terwyl die amandelboom bloei, die sprinkaan hom vol eet en die kapperkruid blom, sterf die mens  Die lewe is sinloos.
Prediker 12: 5, 7
begrawe my
ook in die hoveld
ook in april
wanneer kleurblare
soos konfetti jolig
op die dakke van die karre
om die kerk heen kapok
soos vir n bruilof
as dooie mielies wit staan
met gebo koppe in gelid 
oop orde om die grafte 
naamlose engele in die wind
wat koeltes meegevoelig waai
deur die stug oorlewendes se hare
die stof wat rou kom l
in warm aarde
onder die son wat vol respek
sy ligte ook op dim sit
in die hoveld
in april
sluk die hele wreld
die ding van dood net bter
ja, selfs die kosmos langs die pad
skiet saad
om vars gekleurde blomme
vir n ander jaar se dood
te laat
