HUIS
my huis van lig
wat ekstaties deur ruimtes spoel het wye o wat selde knip
huis van behoud wat huis toe kom
soos hadidas wat op geute rus
en tortels wat in die stoepboom dut die kweperlaning ren ametisvonke en die dakplate spaander na die son
my ope huis wat ver kan sien en ver kan vlieg
uit jou tuine droom iris en kapperkruidgeure en jou stoep syg sag
in seilstoele weg
as skemer die tafelblad bemors met die wynrooi son
maar huis van my
hoekom ruk jou kop vanaand uit jou seilstoep op?
hoor jy jou hortjies soos nat vlerke klepper
en jou tuindeure oopgeskrik verstyf as oor die dak se nok
n tak van sy blare val?
hoekom bibber die nag as hy die drumpel betree en vlug jou trap
na die verwelkte blomkamer af? waar is jou bewaker?
waarom sluimer en slaap jou behoeder sodat n silwer bord uit haar droom van n blomverrukking skrik
as n vreemde afskynsel in haar kepe in vou?
is jy huis toe nt n skemerhuis
waar vensterknippe kners as jou voete ondergronds iets voel?
is jy n plek van geheime
waar houtluise n lplek wriemel en houtvloere van wespe kriewel? jou polse klop al dieper in
na watter verstolling watter dag watter uur l gewroet
in die fontanel van jou geheue?
rose bly vloei uit jou tuin
soos spatsels verf op n oggenddoek maar in die laat winterlig
kry ek jou by jou skaduwee oor die wasgoeddraad afbuk
