CAMELLIA JAPONICA
Die Japannese, s hy, noem dit die blom van geweld. Dit val mos vinnig.
Rachelle Greeff, Onwaarskynlike engele.
n Blom val geluidloos na n tafel van glas. My stem gly
af.
Kameliablom laat die blad karmosyn.
Ek druip na jou vingers, my verlange skyn in jou o.
My gesig in jou hande en my mond
bloei fluweelrooi
af
na joune.
Camellia japonica slaap ongerep in haar droom
van sagte lig op die glas.
