SWANGER
Sancta Maria,
ora pro nobis peccatoribus
nunc et in hora mortis nostrae
in hierdie voordag
l sy haar weerloos dromerig
in kontoere bloot
rond kurf die heuwels uit
bo landerye ryp in saad
blou lopies kaart fyn lewe
kabbelend om haar enkels af
bruis oor haar polse langs
diep uit haar bors uit
terug na die mirakel toe
wat in haar grond gebeur
haar hele lyf is gloed
van rou verwagting
as sy so staan: n somer Hoveld
so sexy in haar groen T-shirt
haar grondbruin romp
toe sy haar grys renjas
nat oor haar skouers hang
en swaar kniel
dwarsdeur sonnestelsels
voor die Begin
om vir verganklikheid te bid
wat nog n rukkie
lewendig in haar sal roer
Heilige Moeder,
bid vir ons sondaars,
nou en wanneer ons doodgaan
Amen
