PURPER
dit is so pers om my
die wolke word my hande
en ek staan voor die deur
van Iemand wat alles kan
oopmaak vir my
voor die wind en die ren
wat Hy waai
tereggestel
in n verduistering
teen n kruis af
kaal
drup Hy rooi
in my
