BEKERING
Gedagtig aan Van Wyk Louw
U wat solank vir my
so dood gebloei het,
het U vanoggend
soos n kwikkie
voor my ruit geroer?
Is U die stil aanwesigheid
wat kort-kort, versigtig,
asof met seer hande,
so saggies aan my are,
aan my rugmurg vat?
Is dit U wat deesdae
aan my toga trek?
Is U die ligstreep
wat beelde, kruise
op my rekenaar
weerkaats?
Is dit U bloedspoor
op my kamervloer?
Is dit regtig U
wat al hoe meer
en al hoe dieper
in my roer?
