di hunkering
is byna vormloos, behalwe jou hare en jou o,
jou mond wat ek maar rakelings ken
binne di klein raamwerk moet ek my verlange gestalte gee
dat die gemis tog tasbaar en begryplik word
Die skemerende verlange ken geen ruspunt nie
dit is nou, dit is mre of gister of eendag
dit skadu deur die tyd oor die tyd, dit wag
in vaartversnellings van die hart se slag
in gange van die brein tastend na gestalte
dit vlug na hoop
dat di nag sal blom.
wie het jou gestuur om in die huilboom voor my venster
te kom roep; wie se boodskap dra jy oor met
jou drie note in mineur, s in die skemer
voor die dag;
of het jy jou misgis, dat jy nog moet leer om jou vonnis
vir die donker aan te pas?
my huilboerboon is n boom
hy blom en huil ek treur
teen die tyd
my boom huil nektar ek treur oor die sterflikheid
My najaarstuin is lanfer; herfs is pers, naby blou waarvan jy hou
maar nader aan die amper weet hoe ons gister en nou standhoudend kan versoen  om uit liefde se vroe dood oplaas net die nederigheid
in ons gebede in te bind terwyl die blare om ons val.
Ek wag so lank dat tyd gestalte kry
soos drome; seisoene kom en ek bly daagliks kyk
of daar nie tekens is dat jy gaan blom.
En toe ek dink dis tevergeefs draai jy om en ek vra:
Wie is jy?
Ek is wat ek is, n purper iris.
In my laatwintertuin het die geel jasmyn oornag geblom  so
buitenstyd soos die geliefde in my gepigmenteerde hart sou kom.
ek wentel dae en jare terug, skommel die tyd
en tas na n fokuspunt waar liggame kon bind; maar niks wil pas,
die nag bly onvoltooid en rou en tog het ek nog nooit
n le nag s graag onthou.
ek het in die mielieland gehuil:
n boodskap uit Athene, oerland van my denke, van my kind se aankoms
uit die skemer
na sy eie Areopagus
waar die tentmaker van Tarsis die God van sy vernuwing verkondig het.
Huil ek in die mielieland waar jong blare sonlig vang na die nag se ren.
stilte, hemelse uur: die dag se vuur
is geblus, dis tyd vir die engele
