Die najaar gly
in blaarformasie aarde toe om deel te word
van wat moet kom; en liefde maak wortels in die lug,
nrens vas nie, sweef op die rug van vols en duiwe,
sonder horison maar gebind aan die
magneetveld van n hart.
die wit skoelappers trek van suid na noord toe een van koers af op di onbeskrewe blad kom land 
n dowwe boodskap wat nou nog
in die swye tussen jou en my
n buitelyn met vlerke bly
Dae wat langsaam kwyn, tyd wat met die son
van blaar tot blaar vertoef, die wind te lig
om boom of tak te roer maar blare wat tog val
dat die seisoen voltooi kan word; s herfs ek in die najaar
van dink en wonder of daar
iets groots kan kom uit die verdriet van n bestaan waar verlange
niks anders was as n ster
wat uit die nag in die nag verskiet.
