Ken jy die wind
in die waai van jou been wat jou dring
tot vergeet langs die see 
om alles, bewus of onderbewus, oor te gee aan die
water sonder grense, die ruising van dinge wat ons so tydloos ag? Ken jy die asem
in die holte van jou bors? Dan verstaan jy dalk
die afskeid van n soeker in die wind.
aan die rand van my bos in skugter vlug tussen wildeklapper en olien, n wit skoelapper
soos vanouds met hirogliewe van jou aan my
wat ek nie veronderstel is om te lees: hoe jy
in jou vlug
al om die ding van jou en my nooit aan n vaste boodskap vat kon kry. Hoe kan ek weet
dat die wit gedagte n leeftyd lank genoeg moet wees vir my?
Hoe lank duur dit tot die roosknop oopgaan, hoe lank vlieg die arend
van een windstreek na n ander; wat verloop tussen nou en netnou, tussen tinteling en depressie tussen vreugde en rou;
hoe lank vloei die rivier tot in die see
en die see
van pool tot ewenaar;
hoe lank soek ek al na jou? Lyk tyd dan s 
di roer van dinge in ruimte en lewe, di ongrypbare draer van betekenis, di
brokkelrige onwerklikheid?
