Historia
Was dit sluiers
of membrane waardeur ek na die lig moes beur;
of dalk n muur, n heg
van dorings, n DNS-struktuur;
of was dit mensehande met n tang wat die spinsel in die moederskoot moes breek? Want iets daarvan skemer steeds deur die bestaan: ruimtenood en onrus, verwondering dat dood so digby lewe l.
En nou di liefde wat die bekende onmag laat herleef, s verweef dat ek nogmaals nie weet
maar soek na vorm, iewers om heen te swem, te kruip  n luik wat open na n dag se sekerheid.
Of moet ek leer dat tussen mens en mens en man en vrou die geheim in die gedaante
van versperrings l: geprojekteerde beeld, gewaande wese,
die spanning tussen gister en nou.
Die oervis skig tussen wier en rots en renboogkoraal, spoor met vin en lip
die rondings en sagter spier van die ingang na n liglokaal wat helder verblind
en water en vuur
tot een verlede bind  die stof vir sy oorlewing
in wisselende klimaat en tyd, die drif tot soek en tas
na die eiersel wat hom
sal roep, eenmaal in sy bestaan so eensaam en uniek,
met een kans in miljoen dat sy sel sy maat sal vind en in die onmeetbare oomblik van n knal botsels van nuwe lewe laat oopbars tot heelal.
Jare maak nie ringe in n stamboom nie; DNS-wortels rank buite tyd en ruimte, bo see, moeras of helder dinge
in die brein; groeiende na die ontasbare, beeldskone wat jonk en groen bly, onverwelkbaar slim in nie-weet
van osteoporose en vergeetsiekte, opdroog van borste en libido  weerkaatsing in die eerste water, n flitsgesig van die verganklike en die magteloosheid
om die verloop tussen kiem en afsterf met ligjaarspoed uit te stel tot later.
Hoe kon jy van my swye weet, die stilte om my spraaksaamheid? Ek wou jou in jou liefde ken,
die alchemie van vlees en bloed, die tinteling van siel en dink;
ek wou die gedaantes van verlange in een moment teleskopeer,
dit soos n brandglas op jou rig
tot die wonder oopbars soos n ryp granaat. Maar nou is ek oplaas verplig
om nuwe stiltes te formuleer.
Wie is jy in die skemers met hul ragfyn lig, draer van die wonder van die nag, die wete dat alles ondeursigtig is
vir di wat nie in wonders glo  waar gees en liggaam eenders is en al die onmag wat my bind wat doods en vas was bo
die sterre los dat splinters lig my soeke
en my eensaamheid afbreek tot n lofgedig?
In die dag se eerste lig is my kamer vlakke wit
en blou, klinies maagdelik. Woorde kleef nie, sweef jaar na jaar tot die verlede in stilte verstar. Lywe, o en mond is taai,
klou op maniere aan balke, deure en meubels  dye wat dein, borste wat gloei,
voete met rooi naels op n wit mat. Maar lywe skryf nie geskiedenis nie, dis kanale vir die woord.
Wit skoelappers het di seisoen weer op hul
dartelvlug van suid na noord in my tuin verdwaal
met boodskappe van jou aan my,
op elke vlerk n woord. Nou wag ek dat hulle een vir een gaan sit dat ek op die deursigtige membraan jou woorde te lese kry
sonder om die draer te verskrik. Maar ek vermoed
jy wil nie h ek moet
jou boodskap reg verstaan.
Ek wou die tyd in kapsules sluit
om die vaart van die oomblik te vertraag; terselfdertyd die geskiedenis
van nader in gevangeskap te sien
om dalk n bietjie sin van als te maak. Maar gaandeweg het dit geblyk
die oomblik is nie tyd maar woord en beeld  koppe wat praat, lywe wat roer of staan, arms wat gryp, dooies wat in strate l.
Toe laat ek die verlede vry
en kyk in watter tydgleuf dit wil pas maar vind dat alles wat is en wat was vasgevang is in artefakte agter glas.
Dan is dit nou die tyd,
die laaste skof van voel en kyk, van nie weet wat tas en sien nou eintlik is;
dat senuwee reeds afgestomp, die sig agter vliese gevange is;
elke oomblik n dag, n dag n jaar, n jaar n lewenstyd, want in die brokkelrige geheue is kort en lank onsekerheid, verlede n verskuilde helderheid.
Dan is dit mos tyd
om die lig agter die donker horison los te bid en blindelings die laaste tree te vat.
 dae rek ek die ure dat elke sintuig wat ek het
 soos radar na n voorwerp tas  die wonderwerk in fokus kry: gestaltes vir die hoop, sinonieme vir verlange,
kodes vir die lyf se taal. Die hart moet maar
n ompad vind, die brein sy onmag toedig aan die verste ster.
Maar ek het mos vergeet:
Die wonder van liefde is idee.
Hierdie stilte word oplaas
die matriks van my swyeland  duisend vensters agter glas, dig teen klank maar oop
vir die gedruis van beelde: geboorte sonder n geluid, spel en praat slegs in gebare;
orgasme en pyn gesluit agter tande, werk en bid met wye o
en geslote ore; lag en huil n mond na binne.
Ek verbeeld die Groot Knal sonder knal waar klank gebind is in n heelal,
maar toe n konstellasie breek ontsnap daar klank oor n planeet.
