Augustinus
tussen die palmbome by Pella met visioene van Kartago
sien Gariep en die Namakudde uit die oog van God
met agape en caritas
en wonder of die biskop van Pofadder
die Here se genade vir Afrika laat pas
onbewus dat die kerk se dadeloes snags
in honger mae val dat kos en skuiling groter nood is
as die Woord bedags
terwyl suster Theresa in onskuldige wit
besoekers aan die katedraal wys waar die
eerste bekeerlinge geleer het om te bid
sy hou jou met haar o vas en met haar hand op twee stapels boeke s sy
die Woord en die lof word mos in Afrikaans gegee
in n rietskerm saam met ons les Augustinus ook
sy aardse dors
sy het ges
ons moet Kamiesberg oor dat iewers bo
of anderkant iets sal gebeur wat ons laat glo: n wonderplant
iewers van nrens waar vreemde vrugte uitreik na mekaar en pit en smaak verstrengel raak  dan moet ons weet
voor ons by Garies kom die liefde
sal met n ompad blom
By Augrabies op die rots lorelei jy terwyl die waters raas
van ravyn na ravyn tot alles chaos word
soos die opgehoopte drif deur n noute stort
en uiteindelik onder al die druk n koppige vrede in jou rustelose gees gaan sit
Ek stroop die lae van sy stam, die
hartpatrone op sy bas; blaai dit tot n ope boek van al die woorde
wat ek vir jou soek. Maar ek blaai my vas in vesels van die tyd  die twyfel
of jy in hierdie dorre land n koker vir
my hart sal bly
Boerneef het n woord laat val
oor die berggansveer by Wuppertal en ek en jy dwaal deur die Tra-vallei op soek langs watervore, in stegies,
by die skoenfabriek en spierwit huisies; waar aartappelplanters vore spit,
in die begraafplaas waar Leipoldt
se oupa l, om die gewelkerk en uiteindelik met die Pakhuis langs tot by L se graf
waar al die veld nog vrolik is  soek ek n woord
dat ek
vir jou kan s
hoe diep my liefde vir jou l.
By Delfi gloei die rotse oker en geel en rooi,
dit kaats tot in die diepste bergspleet waar die orakel sit en Alexander wat by Aristoteles
leer twyfel het, wil weet: Moet hy denke vir die spies verruil, dit oor die wreld werp dat onsterflikheid uit die gepriemde aarde kan gedy?
By Meiringspoort brand die rotse oker en geel en rooi,
die Swartberg sny duisend splete vir orakels
en ek, verdwaas en dom, wil weet: Moet ek liefde vir die rus verruil,
dit soos n tent oor my laaste dae span en hoop dat die geliefde
net voor die laaste nag na my sal kom?
Mahler is ons reisgesel,
sy liefdesleed maak wolke oor die berge  opgeefsels van rots en strome, volgesang en sederbome;
n lied van die aarde, n lied van verlies langs al die paaie wat hy vat
wat geen bestemming het of plek wat hy kan inrig vir die dag of nag.
Al tuiste vir verlange
is die kringloop van seisoene  ewig, ewig lente en somer, herfs en winter, ewig in genadelose wisseling van lig en donker,
van kom en gaan, van leef en sterf.
Laatnag keer jou glansende gesig in n halfdroom terug 
hoe die wonder van Bach jou o heilig maak
en Oistrach se viool jou wange blos
dat jy n komposisie word wat die leitmotief
uit my versteende hart verlos.
Duisend en een sterre duisend en een nagte
so naby en so ver van jou; duisend en een fabels
en verhale met uitgelatenheid en trane
om die waarheid uit te hou; duisend en een asemtogte te kort om woorde in te kry, maar jou woorde tuimel om en om en ek vergeet wat ek sou doen
as jou woorde een nag stilte word.
Die arend hang waar my geliefde is; die onbekende
met hare en mond en o van drome, en haar bors dein soos heuwels
om Kamiesberg. Geliefde sonder gestalte, sonder herberg
behalwe in my hart. En die arend sweef.
hoe sal ek my woorde skik dat niks beskeie of brutaal tussen die lyne l;
my woorde stroop
dat elke woord in naakte taal eenvoudig s
ek het jou lief
