Alleen in my gedigte kan ek woon
Dit was Slauerhoff
wat meen: alleen
in ons gedigte kan ons woon.
Met Achterberg verval
elke vorige vers.
As kind saam met my gesin
geswerf van dorp na dorp:
van Witbank se mynhope
tot die Hoveldse landerye.
Eens gewoon
in n huis van blare
en stokke  en snags n verbeelde lied
onder n wilgerboom gehoor:
In die vele huise van my vader
was daar barste teen die mure:
die fondamente gebou op kleigrond.
Klappende deure laat alles verder brokkel.
Vier windrigtings is ons kinders;
geen huis snoer ons saam
en geen gebed bring versoening
of begrip nie. Sedert ek van tafel
en vers geskei is, glip
alles onder my vingers uit:
n onmin-wolf bly blaas en blaas
voor my ouers se aftreehuis.
Nou huis-paleis ek veel eerder
alleen in verse waaraan
ek swaar afbetaal:
Eers gerym
en toe gevryevers.
Toe weer gebou
en gebrokkel
en n nuwe huis bedink:
Die wreld is ons woning nie.
Wat is n huis? Glo die plek
waar die vers is. Jy kan n huis huur,
koop, verkoop, sloop, herbou.
n Vers word herskryf, herdink,
beplan, beleef, gedroom, selfs uitgegooi.
Versie vir versie
wr my ruimte terug-
gewen. Vind die huis
van my woorde is waar
ek woon. Algaande gaan ek meer
en meer op reis en keer terug
na die huis van my woorde.
En vind dat reis,
bly rym met tuis.
Met hierdie vers,
verval alle vorige verse.
DIS NIE N GEDIG NIE
Dis nie n gedig nie.
Dis my lewe di!
Ek loop soos n oorwinnaar.
Hiervoor het die onderskragende engele my lankal vergewe
maar mans vrees my.
Hulle vertrou nie my bedekking nie. Hulle sien rooi lipstiffie, n lag te hard wat te maklik kom.
Te gerig klieke-tie-kliek my ho hakke. My stem te presies,
my voornemens direk.
Ek loop fier en sevierend.
Hieroor staan die engele terug
en mans verkies vroue met plat skoene: sandale van gevlegte bruin leer
soos Jesus sn.
Hulle toring oor vroue. Hulle stemme val oor di van my susters sn.
Di vroue kan kook, op rekenaars tik en hulle motors versigtig
by hekke uittrek.
Hulle skuif minsaam in die skaduwees van hulle geliefdes in.
Hulle is die gelykmatige minnaresse,
di wat maklik baar en nie so lief het nie.
Soms is ek behoewend,
dan wonder ek oor hierdie vroue. Ek gaan koop twee spierwit tekkies en gooi my teeroosparfuum
oor n tuinroos uit  en koop Primrose.
Ek klad my lipstiffiemond
versigtig voor n spiel op n sneesdoekie. Ek kruip weg in skaduwees
en sien hoe mans verbete hulle speelruimte meet.
Dis nie n gedig di nie.
Dis my lewe.
My minnaar van Israel jet in met n vliegtuig
wat soos n sespuntster uit die lug uit val. Ons sit in die lughawekafee 
hy praat Hebreeus met sy suster.
Ek kyk deur die venster na n vliegtuig
wat sy neus soos n taurus stoot oor die teer. Ek vra: Wat is n gedig in jou taal?
Later slaan ek sy woord na. Dit beteken klein gedagtetjies.
Ek glimlag die aand oor n tafel kerse
en smyt sy gulsige o in die garnaaldopbak.
Maar my seuns het my lief.
Ek dans vir hulle.
Hulle s: Dans vir ons. Ek is Isadora Duncan.
My tone raak nouliks grond.
Ek draai en draai in my gekleurde serpe. Hulle trek winterkombersies oor hulle knie. Nog, nog! roep hulle.
Ek is Cowboy Kate.
Agter my swaai kroegdeure ritmies oop en toe,
my rewolwer is koel in my hand
en die riempies van my hemp ritsel saggies.
Nog, nog! roep hulle.
Nee, s ek, dis tyd vir revisie.
Die aarde dra n kostuum en n masker
wat sy opdiep uit die garderobe van seisoene. Soms is sy die mimikus
 woordloos soos die winter 
en in die somer slaan haar orakels hoog op teen die muur van die son. Hoor hoe speel sy, kyk hoe sy lag. Haar kern is te sag vir haar kors.
Dis nie n gedig di nie.
Dis my lewe.
Ek skryf soms gedigte.
Ek het vanoggend een geskryf:
Van Spanje se ooskus af is ons te water. Die oggend het die Solanawind
ren so groot soos vere gebring.
Ek skryf soos my gedigtemeester bepaal. Hy is die towenaar met sy hoed
en sy wit hase van woorde.
Ek hop rond met gedigte soos n strik om my nek. Ek word voorberei vir die sirkus 
skares juig as hy my voorstel.
Ek is n ponie wat kloppe-tie-klop met halsklokkies en linte 
hy is die sirkusmeester.
My kostuum skitter, ek glimlag. Ek stap soos n oorwinnaar.
Maar di skrywe is nie vir hom nie.
Di is nie n gedig nie.
Di is my lewe.
Ek gaan huis toe. Ek sluit my deur.
Op fyn satynskoentjies loop ek rond, My nglig sleep sysag oor die vloer.
Ek drink Algerynse boergonje uit n dunsteelglas. Ek slaap op n kussing van Madagaskarkant.
Ek word wakker toe die aarde sidder. Sag kreun sy in haar slaap.
Hoe tenger is sy nie.
Vanaand bewe sy asof sy wil val van haar praal.
Maar mre sal sy posie skryf. Kaartmannetjie speel met die ren. Deur al die dae van die heelal
sal sy klikke-tie-klak loop op haar hakkies.
Maar vanaand, o vanaand is haar hande s broos, s klein.
Dis nie n gedig di nie.
Pellafolio
jy het my op reis te goed leer ken die twyfelvraag en wonderglo dat iets vir jou verborge is
en al my paaie op jou kaart rooi linte l
van noord na suid en oos na wes slagare na die hart van die geheim
n druif
breek in jou mond dit ren
in my
Gariep vloei byna roerloos
teen my voet verby jy raak aan my
ek is
ryp sultana by Kakamas maar jy was reeds by Onseepkans
