TESPRAAK
In lynregte tespraak
met die geometriese presiesheid waarmee jy afstande meet en pas as jy stap,
die reglynige vlak van jou heup in jou denim,
die horisontale bepaling van die oppervlak
tussen jou en my, weet ek hoe dringend jou lyf kan buig,
soos warm kromhout draai in vuur, hygend
teen mure lek,
en hoe my polse seer en styf
in die draai van jou hande voel, weet ek hoe die kurwe
van my lyf in joune van meet af dan pas.
