LAASTE GESPREK
voorhoede van dood
haal my in
ek kam deur hulle kleur
ek hoor hulle op my hoes
ek voel hulle in my kuite
teen die trappe op
en ek is bang
ons vergeet mekaar
as ons dood is
voor ons klaar gepraat is
kom ons ry
met elke pad
na Rome
sodat ons
elke ongesegde ding
deur die nagte
uit ons harte
uit ons lywe
kry
en op die forum
kan loop sit
en praat
en byna volledig
saam met die ewigheid
vir laas
op sy graniet
bly talm
ons mt
want ons het
te veel lewe
te veel lief
om mekaar
met blomme
sonder woorde
in staatsie of stoet
te groet
ROOIMAAN
Op. 2:18; Hand. 2:20; Jol 2:31; Op. 6
ons lag saam
oor al die grafte
oor die koring
oor die gars
onsterflik sterk
ons ry kaal bolyf
ons ry bloots
in jou vaal perd se bek
hou jy n verslete riem
net vir miskien
jy skrik vir niks
ons huil van lekkerkry
jou perd loop neusgat oop
vanjaar sal hy
die vuurrooi merrie paar
my swart perd
dink net vir n oomblik
dat ons dalk bo sal bly
hy wonder of ons hom
armaggedon toe ry
toe runnik al die perde
al vier saam
en skielik is hul stange
selfs die witte sn
vol bloed
in augustus
het die eerste wind
jou soos n na-vy
in die hoveld kom kry
en gister
toe die duiwe vlieg
verbeel ek my jys daar  
n blou band wat die vlerke vou
en in die skemer na my dryf
om my die rooimaan te kom wys
n vreemde man
vol vrede met sewe o
en voete van geel koper
s deur n vlam vir my:
die bloed is droog
ja, selfs jou vriend se bloed,
vir laas
ja, hopelik vir goed,
ry julle twee weer saam
maar nederig elkeen met n hoed
die rooimaan tegemoet
