Johannes Kerkorrel
Iewers tussen opmaak-
en saktyd wil die pers
n motief h: n opskrif.
Die nuusredakteur snuffel
deur die files van die Gereformeerde Blues Band
tot Houtstok; van aanranding op n voormalige vriend
tot sinnelose rusies op die kubernet. n Jong verslaggewer
meen hy was cool, terwyl n ander een haar twin savers toesnot.
Positief of nie?
n Negatief wys n donker, somber kant uit:
Al l die berge nog so blou 
n Hand voor die oog; n klossie hare bedek
net mooi niks nie. n Sangeres bel laatnag, bied n ontydige obit
aan: skielik was almal sy beste vriend, vertroueling.
Geld glo rede vir selfmoord.
Joernaliste en fotograwe
draai snuffelend om die boom:
hier het dit alles gebeur. Net hier.
Die bloedkolle op die motorsitplek,
die wattelboom  getuies, medepligtiges
van die finale uittog wat in n berig
gestulp moet word. Daar is n dead-line;
n ander scoop mag wag.
Selfmoord laat hom
nooit stulp in n motief nie.
Dis nie n whodunnit nie. Nog minder n voorbladberig.
Dit l in transformasie, verkleurmannetjie-speel, naamsverandering
paradoksaal op- n toegesluit. n Jin en Jang.
In n stadige repetisie vir die laaste groot konsert
voor n afwesige gehoor  net met die demone van soveel jare
aanwesig, aanporrend, aanhitsend: gaan nou vertrek.
Die snye aan die lyf
is totemmerke
van n ondankbare bedryf.
