Op die shinkansen met die abbatas
op my rug, spoed ek van Tokio na Kyoto na Osaka.
Deur Suid-Amerika
met n nylonsak. Koop na vyf weke
splinternuwe klere in Rio de Janeiro
om by my tas te pas.
In elke tas of sak
n potlood en notaboek
vir die neerpen van n verdraaide raaisel.
Oor hierdie geslote baan
veelvuldig gedig.
Travelling light my motto
al was die hart hoe swaar. Soveel hemde,
broeke pas netjies presies in die tas se lyf:
amper nes n mens se bont binnegoed.
Vreemd, ook geen tas ooit weggegooi nie,
al is dit hoe verslete,
want daardie tas is soos n dagboek,
n memento,
n opgaarder van al my drome,
n argief van helder herinneringe:
die geheimsinnige onbewuste.
Lied van die samurai
Vertaling van Robert Pinsky se Samurai Song
Toe ek geen dak had nie, was
waaghalsigheid my dak. Toe ek
geen aandete had nie, was my o daar.
Toe ek geen o had nie, luister ek.
En geen ore nie, het ek gedink.
Toe ek geen gedagtes had nie, wag ek.
Toe ek geen vader had nie, het sorg
die plek van n vader ingeneem. En geen
moeder nie, het ek orde omhels.
Toe ek geen vriende had nie,
het stilte n vriend geword. In die afwesig-
heid van n vyand het ek met my liggaam gestry.
Toe ek geen tempel kon vind nie,
het my stem n tempel geword. Ken
ek geen priester nie, word my tong n koor.
Wanneer ek niks besit nie, word geluk
my maat. Wanneer ek niks het nie,
sal die dood my rykdom wees.
Behoefte is my taktiek, afstand
n strategie. En wanneer ek geen
geliefde het nie, maak ek slaap die hof.
Nou is dit Kuba
Vertaling van Pablo Neruda se Now its Cuba
