Later sou ek ver reis.
Van my ouerhuis met n bloedrooi stel vinieltasse
op die Transkaroo. Die vanity case, n eerste oorbodigheid
soos n hoededoos. My klere gemakliker en losser.
En die reistasse sou vir n universiteitsvakansie vele boeke
vir n somer op die Hoveld borg.
