My eerste reistassie
toe ek vyf was,
het ek elke dag saamgedra.
Vreemd genoeg, nooit weggeloop
met hierdie boksbruin tassie nie.
Daarin was toebroodjies, n pen
en een van my pa se boeke,
nogal n roman van Graham Greene.
Later sou ek lees hoe hy vertel
dat die jong kind alreeds sy lot kan aanvoel
en op die walle van die Oranjerivier
 kwalik ses 
wou ek my susters op n wintersdag
teen die verbeelde vloed beskerm.
