GELOOFSBELYDENIS
ek glo
dat Hy op die derde dag
opgestaan het uit die stilte
opgevaar het na die Onbekende
en sit aan die regterhand
van die Onsienbare Ewigheid
vanwaar Hy sal kom om te oordeel
my liefde en al my verlange
en di van ewe onsinniges
voor my, na my  en ek glo
in die ewige Lewe
dit glo ek
maar ek wt
hoe bang ek is
dat die stilte wat my voorl
ewiger sal wees
as die oneindigheid
wat my agterl
dit weet ek
