UITLEWERING
Teen-Palestynse offensief, Maart 2000
winde neem Abu Dis se uitskot en stoot dit kant toe
die M Ariv l ongelees teen n stam
gewere skiet laag en gedurig om tenks grommend te laat sak in slote en deur mure te stamp dat die sap van bloed en trane in die wit sand wegsidder
in die tuin draai oleanders weg
is die vensterluike soos swart burkas buite die sirkel van die son toegetrek terwyl missiele uit die kosmos hamer
Jenin en Ramallah sluip onder heilige geweld en my soldaat l aan soos n logistiese kurwe
onder die lommer van duine
n boodskap van welstand uit die Wesbank dryf my tot raserny
ek wil hom soos n kuiken inroep hom red vir nog n week
maar ons huisgeute sug swaar en buig af en die winde gaar blare onder bome op
ek is uitgelewer sonder hom
ek staan in die skreefgat van tyd
om sy o wakker op my te voel korrel en elke versigtige bus in Jerusalem
van robot tot robot hortend te deursoek
ek is versteld
want hy is aan die klam grond van my hart uitgelewer
