Afspraak
Ons slaap weer vas teen mekaar,
verken die kontoere van die lyf
se onthou. Die lyf praat n ander taal
as ek of jy. Dit onthou
die tong as n liefdesorgaan
eerder as die swaard van verwyt
wat sny, verdag maak. Die hande
wil vashou, eerder as afwys,
wegwys, fweer. Ook ander dele
van jou lyf, jou bekende, beminbare lyf,
weier om ons post mortem te aanvaar.
Maar dis toe ek opstaan, abrup vertrek,
dat jou lyf in pstand kom:
Nooit weer sal ons in dieselfde taal lieg nie.
Jou tong is uitgesny. My vingers
het die braille van hartstog finaal afgel.
Pratende doof. Horende blind.
