Diego de Rivera aan Frida Kahlo
Kyk, hier staan ons twee,
ek en jy,
herkenbaar
tussen vriende en politici
en oorlogmakers.
Hulle wat my wou hou by die rels
van die spel, wat dag ek was blasfemies
om die Jesuskind wat ingent word
in n primitiewe skildery te plaas.
Wat weet hulle tog, Frida,
dat kuns mr word as die hier-en-nou,
as Lenin of Trotski? Van my verwoede werkywer,
my opstand teen hulle wat nie verby
die alledaagse wil of kan kyk nie?
Dios no existe moes ek uitverf,
doodkrap vir die slagoffers van die leuen.
Hulle wat my muurskilderye afbreek,
my stellasies laat wankel, my dwing
tot orde, my versmoor met voorskrif.
Ek is Mexiko se Michelangelo, soos jy weet.
Dis net die mens wat tel. Ons is die som
van die lewe: die hier, die nou 
Hierom word die dood my bruid:
so vier ek die lewe in my kuns.
