Palindroom
Eers verskyn jy voor my deur
met jou vinger op die loergat
om te verhoed dat ek inkyk
op jou siel. Toe vertrek ek na jou huis,
maar jy slaan op die vlug. Dan
word ek toeskouer by jou roerlose swembad,
terwyl jy met ander in die water staan.
In drome  smse van die psige 
staan alles opgeteken, terwyl die dromer
sonder die hulp van Vodacom of MTN,
onrustig, onstuimig die boodskappe versend:
versend die boodskappe onstuimig, onrustig.
