Die karnaval van die liefde
n Rio-karnaval
ek en jy
met maskers en pluime
op die Copacabana:
tot lank na middernag
die musiek,
die polsende ritmes
van ekstassssssssssse
Van ekstasssssssssse
tot n liefdes-hangover
met bloedbelope o,
geen maskers meer nie
en die voedoe van verraad
wat intree in die vorm
van verse vir een
en vrese vir die ander.
Jy skryf my af,
ek skryf jou uit.
