MUSIKANT
Vir Dawie
en die skool van Bosbokstraat 6
Op my skoot l my kitaar
en om haar nek hang ek,
lovers met een hart, comrades wat songs
optel en klankgooi teen geweld.
Ons dryf met vreemde sleutels langs
om n se lekkerte vir nog n bietjie
met nuwe drukke bymekaar te hou 
dat liefde nog n rukkie uit kan hou.
Ons maak n band op, ek en sy,
dan speel ons in die hart se kroeg
tot al sy vreugdes moerig en luidrugtig
met alles wat kan seermaak wil baklei.
S wild is sy, s crazy maak sy my.
kyk hoe dans sy, dans sy
onder my hande raas sy, rock sy,
vleg ek haar silwer hare
en rave sy uit haar helder hart
oor al die Lig dans sy, dans sy
So word ons rebelle teen die dood 
sy hier op my skoot en ek so om haar nek
riff ons elke ketting los,
draai ons die krane van ons liefde oop.
S leef ons en s leer sy my:
kyk hoe dans sy, dans sy
onder my hande raas sy, rock sy,
vleg ek haar silwer hare
en rave sy uit haar helder hart
oor al die Lig dans sy, dans sy
IKON
Vir Zerk
sy het uit die see gekom
van San Francisco af
het ek geraai
haar lyf soos o heldernat
met skuim en fynbos in die hare
en uit die seeroos van haar mond
het vryheid op n hippie-tune gedryf
die houtkruis op haar bors
vreemd antiek
die swaeltjies uit haar hande
het my laat weet
sy kom van die verste newels af
agter Orion bly sy in die Perdekop
sy is die Kind wat sterre maak
haar stem die eggo in kapelle
tyd is haar rosekrans
waardeur Sy deur vrede ryg
