OORLOGSGRAF
Die tamarisk gee die naam tydsaam aan
van tak tot tak.
Jou geweer staan en slaap teen die kas.
As my hand teen jou skouer roer l jou asemhaling
egalig aan.
Sterre deursoek elke beweging, beddegoed draai vas in bene, sug met elke omdraai.
n Helikopter kwetter rens en jy lig alwetend
op en plof terug in slaap. Ongesiens ruil die dag
teen die venster met die nagwag om.
Vandag sal jy roosmaryn en nardus snoei en ons stoepgeitjies sal in die skeure inkruip soos by loopgrawe in.
