Geliefde Bo Peep,
vergeef my die versending van my verse.
Ek weet jy voel
dat die verse net aan ons behoort,
dat ek hierdeur,
met die uitstuur van die verse na ander o,
die heilige kommunie van ons liefde phef.
Hierdie proses  soos n poskaart van die vulkaan 
is selfkommunie, selfgesprek, selfverloning.
Ek is sakeman n digter, kibbelaar n knoeier;
tog weet niemand van hierdie bedryf
wanneer eise oor ongelukke en versekering
op my finale oordeel, beslissing wag nie.
Hoe word die glasstukke van n ongeluk
nie in n derdeparty-eis weggeskryf nie? Hoe
breekbaar n lewe, hoe grusaam die noodlot?
Posie, n gekibbel met die self, kry net lewe
wanneer dit gelees, beoordeel, selfs veroordeel
word deur letterkundige eksekuteurs, weet ek,
n naweek-digter, n wandelaar verby n huis
waar iemand toonlere oefen, n swart vol sing
in die berkebome. Niks wat nie daar is nie,
en wat ook daar is. Die eenvoud van die alledaagse.
Nie eenmaal nie, maar dertien keer sal ek inkyk,
afloer, opteken, skrap in die winterlandskap
wanneer versrels soos sneeuvlokkies val,
die ys soos n lang baard aan die jenewerbossies hang.
Eens het ek daagliks my gedigte na jou gestuur,
net na jou, jou oorgewen, jou deel van my gemaak
in klein linne-kladboeke vol bottende oureole.
Nou wag ons op Harmonium, op beoordeling,
op die uitbetaling van n andersoortige polis:
ek plaas my gedig soos n fles in Tennessee
op n heuwel sonder singende vols 
