Met ons twee breek hierdie film finaal.
Ek kyk na al die rolle footage op die vloer.
Die sleg gerepeteerde film
van ons liefde. Ek speel Stanley Kubrick
en vervaardig Eyes wide shut.
Ek klim onder Nicole Kidman en Tom Cruise
se velle in. A, hier sien ons dat hulle instinkmatig
weet van die skeuring, die opbreek. Hierom n masker
vir hom. n Oop-en-bloot toneel vir haar.
Wat is werklik, wat is verbeeld? Wat moet in,
wat moet uit? Boots die lewe dalk die kuns na?
Is Kubrick se kennis van skaak dalk handig gebruik:
met n skaakmat vir beide?
