Sleeping with the enemy
Ons liefde, eers middelpunt-
soekend,
nou
presies
die antoniem,
toe ek jou verlaat
vir iets sinoniem
aan die gedig tussen jou bene
of die rymwoorde op jou rug,
dalk die uitroeptekens van jou tepels.
Die tongtaal van my vers
(ek versus jy)
word die
opbreker,
die derde party,
die ander een
Dus draai ek terug,
sien jy elke gedig
 verkeerdelik 
as die verleier, verneuker,
verraaier. Die digter uitgeskel
as n hoer van die woord. Miskien
sal jy eendag verby jouself
die verse laat lewe kry. En ons liefde
onthou voordat alle woorde pgebruik was.
Hopelik dan die frikatiewe van verdriet snap.
