On a clear day you can see forever
Ek voel nie meer veilig
in jou arms nie.
Miskien het jou arms te kort
geword om my te omhels,
jou hande, klein asende valke,
pik aan die sagste dele van my lyf .
Blind was
ek, sonder o,
maar nou voel ek
hoe jy
daagliks aan my hart knaag.
Eers honger van die liefde,
toe nydig, woedend, honend.
Miskien, miskien
sal my hart
weer teruggroei,
onwillige Prometheus sal ek speel,
weg beweeg,
die stukke optel,
geduldig wag.
Jou judaskus.
Ek verlang nie meer
om my tong
in jou skede
te plaas
nie. Nee.
Hierdie liefdestong
het nou n swaard
geword.
En garde!
