DIE SLAAP VAN N GELIEFDE
Opstootsels sand het om my o en onder my burka ingesluip.
Kamele het agter hulle uitgerafelde wimpers aangeloop.
Deur die vallei met die pad uit Beer-Sjeva het tenks ons dreunend binnegery
en later weggeval waar die lope droog draai.
Nou praat jy nie. In jou saalsak is dadels vir die kamtige oase-piekniek.
Die rit duur in windkringe in.
Uiteindelik die koel skaduwees van stil palms.
Op my burka-kopkussing roggel die skynoefening ver, maar ek sien helikopters opswerm uit duinhalms.
Ek kruip in jou arm, maar jy slaap
soos n Israeli slaap, geborge in jou sorgloosheid terwyl n klipgooi weg onheil in Gaza broei.
burka: lang los kleed wat die hele liggaam bedek.
