Die skandering van die liefde
So sluit ek my hart toe:
doen n virus-skandering
op die hardeskyf
met al ons lers.
Die Norton anti-virus prut
in die agtergrond.
Daar is soveel woorde tussen ons.
Hoeveel hiervan sal bewaar bly
of aangeteken word as besmet?
Die Norton se reddingsmeganisme
kan keer, red en iewers besmetting berg.
Tog, tog. Terwyl die program loop,
bly ek bewus van die heelheid,
die on-deurdringbaarheid van alles,
veral, veral van daar was eenmaal
iets soos n klip
uit Nagasaki,
of dalk die Oranjerivier
wat onverwoesbaar,
onvernietigbaar,
heel en onskandeerbaar bly.
So sluit ek my hart toe:
soos n klip
gelouter deur vuur, water
en n atoombomontploffing
van onthou.
