Odi et amo
Eens die Aangesprokene,
die Een, die Alles.
Nou uitgestrooide as
oor die troebel waters
van onthou. Vergeet.
Geloof, hoop, haat
wat soms nog opvlam
in onverklaarbare liefde,
selfs gemis. Et atque, mea Lesbia.
