RELATIWITEIT
(n Reguit lyn is nie altyd die kortste pad tussen twee punte nie.)
Sal jy
tot die been toe wees,
reguit wees met my?
Sal jy
onverbiddelik bly
op die korste pad tussen jou en my
en my
vertel hoekom jy soms
berekend s: jy ken my nie?
Hoe sal ek jou ken
as ek my nie ken nie?
Ek verlon jou s opreg
dat selfs die haan kromrug,
verle vir my kraai 
want solank die son my wete buig
verstaan ek van my min:
net dat ek gebo is,
deel van jou boggelliefde
deel van ons gekromde gewete
ons skeel waarheid
wat vergeefs al dertien verlore bewegings
van my aanwesigheid wou verklaar
en nooit aan jou binneste kon raak nie 
net altyd, so gee dit voor, k is.
Dus: die grade
van die driehoek
tussen jou en my en altyd
bly onvolledig illusie
van ons verstaan relatief
tot ons gewaande bewustheid.
Ek ken jou nie, maar ek wt van jou,
want jy spiel so dikwels
in my raaisels.
en buite wete weet ek: daarvandaan
trek ons iets op wat ryk is soos die sin
van daardie woord van God in die Begin.
