Aubade
In die stil nag
voor die dag breek,
roep die stem uit die moskee hunkerend.
In my le dubbelbed
voor die dag breek,
onthou ek n kersieboord in Kyoto,
en wonder of jy my hoor roep.
In n Boeddhistiese tempel
steek ek wierook aan
en hoor hierdie dag
in n oggendlied.
In die stil nag
n minaret, n moskee,
n kersieboord uit n ver land.
Hoe lank nog voor die dag breek?
