Solo-reis
Ek dink nie meer aan jou,
of stuur e-pos,
bel of sms nie.
Daar is geen telepatie
of ander verbintenisse nie.
Die skip het gestrand.
Op die rotse geloop.
n Reddingsboot word nie
uitgestuur nie, die SOS
doelbewus gegnoreer. n Helikopter
draai halfpad, onverrigter sake om.
Dis net, dis net
die smeulgasse en ander gif
wat my soms ongesiens betrap.
Soos in n gedig.
