Theres no sunshine when shes gone
verlange is n mes wat sny
verlange is n deur wat sluit
verlange sny en sluit.
verlange is verlange is
buite woorde om waaroor
alle eindes gaan.
oppas vir die mes wat slyt
oppas vir die deur wat stuit
veral veral
vir die sleutel
wat in n slot sal breek.
verlange is n mens wat sny
verlange is jou deur wat sluit
verlange is verlange is
buite woorde om
