My muse skakel haar selfoon af
My muse skakel haar selfoon af
op n wintersoggend om kwart voor elf.
Vele smse soos kriptiese hirogliewe
uit die katakombes van my drome.
Sy weet nie hoe ek ly in stilte nie.
Onbewus van my troebel drome (hoe skryf
jy dit enigsins in n vers neer?).
Kriptiek bly eie aan hierdie skrif:
bel my nou, ek mis jou, waar is jy nou?.
My muse skakel haar selfoon aan
op n wintersaand om kwart oor ses.
Die wintersdag vries n stip aanklag:
n Warm woestynwind waai soetjies, soetjies
n duim sand oor my gebreekte sfinks 
