OORLOGSVREDE
Sag skuur die wind oor die meer; n boot trek seile oop.
Bo Kapernaum is die lug vaalblou oopgeroei.
Soggens voel dit of ek roepafstand van hom af is in di land, geteister
tot in sy laaste klip in.
Hy het opgetrek
uit die vredestyd van my hande, deur die groot menigte
van my hartkloppe gedruk. Sy o is elders en waaksaam en uit n terpentynboom lig n ler vinke op.
Ek onthou sy uniform.
Sy skouers n land van melk en heuning wat na my hongerige lyf oorkantel.
As hy vertrek, word sy woorde
gekamoefleerde seine.
Die meer gee skielik oor
soos n geweerkolf wat val uit n hand as n groot opbrengs van vols
oor die water sleep en uitvin soos n vredesverdrag.
